
Teken aan vir ons Nuusbrief!
Intekenaars ontvang al die jongste nuus en spesiale aanbiedinge!
Beleef ‘n voldag VIP ekskursie saam met Ray Dylan op Woensdag 15 Junie 2022. Besoek Stone Town en Prison Island met ‘n gids wat al die geheime van die plekke met jou sal deel!
Neem asseblief kennis dat daar slegs 20 plekke beskikbaar is per dag-toer!
Stone Town is ‘n baie lewendige plek waar jy ‘n mengsel van Arabiese, Afrika, Indiese en Europese kulture sal vind wat gemaklik saamleef. Terwyl jy deur die labirint van strate stap wat te smal is vir motors om verby te gaan, kan jy moskees, kerke en tempels van kant tot kant sien.
Terwyl jy deur die stad wandel, sal jou gids jou op ‘n historiese en kulturele reis neem deur die ou slawemark, Darajani-markplein, die House of Wonders, die Ou Fort en die Sultan’s Palace. Toer sluit ook ‘n middagete in by ‘n restaurant of in ‘n plaaslike huis, indien vooraf ooreengekom.
Aangesien die toer na Stone Town slegs ‘n halwe dag is, raai ons jou aan om vir ten minste ‘n tweede dag Stone Town te gaan verken om nog baie meer manjifieke wonders te ontdek. Forodhani Gardens is beslis ‘n besoek werd, veral saans wanneer dit lewendig word as een van die beste straatkosmarkte in Oos-Afrika.
‘n Verdere geheime verrasing in Stone Town, is die Freddy Mercury Museum. Dat die legendariese rock-ster, Freddy Mercury (gebore Farrokh Bulsara) in Zanzibar gebore is en in Stone Town grootgeword het, is ‘n feit wat min mense juis weet. Let wel; besoek aan die Freddie Mercury Museum is nie noodwendig op die toer agenda nie, maar jy sal die geleentheid kry om dit te besoek op die dag van jou RT-PCR COVID-19 toets in Stone Town.
Die tronk – wat nou deur ‘n hotel besit word – is in 1893 gebou en was oorspronklik bedoel om gewelddadige gevangenes van die vasteland en siek mense te huisves.
Jy sal die geleentheid kry om die skilpad-reservaat te besoek, wat ‘n groot kolonie reuseskilpad bevat wat in die laat 19de eeu van die Seychelle ingevoer is. Die gemiddelde gewig van hierdie wesens is 200kg, en daar word gesê dat baie van hulle meer as 150 jaar oud is. Daar sal kans wees om aan die skilpad te vat en foto’s te neem. Die eiland is ook ‘n tuiste vir ‘n kolonie pragtige poue.
Vir die res van die reis kan jy óf die seelewe geniet terwyl jy snorkel om die koraal wat by Prison Island grens, óf net ontspan onder die warm gloed van die son, totdat jy terugkeer na Stone Town.
Sluit in alle vervoer, toegangsgelde (waar van toepassing) asook toergids fooie in.